Identity • Women’s & Girls’ Empowerment Speaker
ONTHOU WIE JY IS.
LEEF DIT UIT.
Magda Calitz
Magda help vroue en jong meisies om weer te ontdek wie hulle nog altyd was, wie God hulle gemaak het om te wees en hoe om vanuit daardie identiteit te leef.
Met 'n unieke kombinasie van geloof, identiteit, mindset en praktiese bemagtiging help Magda vroue om ’n kopskuif te maak en hoe om die verandering wat by hulle begin, uit te leef.
Praatjies & Ervarings
Skuif Jou Kroon RegIdentiteit • Geloof • Selfvertroue • Invloed
Becoming Her AgainLewensseisoene • Identiteit • Geloof • Nuwe seisoene
MeisiebemagtigingIdentiteit • Selfvertroue • Geloof • Positiewe invloed
Maak ’n KopskuifGedagtewêreld • Denkwyse • Persoonlike groei • Praktiese verandering
Self-Talk StalkerSelfspraak • Selfvertroue • Identiteit • Praktiese verandering
Too Glam To Give UpMagda se jaarlikse vroue-event
Ontmoet Magda Calitz
Magda Calitz is die stigter van Maak ’n Kopskuif en ’n vroue- en meisiebemagtigingspreker wat vroue en jong meisies help om hul identiteit te herontdek, hul denkwyse te verander en te leef vanuit wie God hulle gemaak het.
Met haar warm, energieke en persoonlike styl kombineer Magda geloof, humor, eerlikheid, stories en praktiese insigte om gehore te inspireer en toe te rus om die boodskap prakties in hul eie lewens toe te pas.
Haar groter visie is om vroue en meisies te help om hul identiteit te herontdek en mekaar te versterk, sodat die verandering wat by elke vrou begin, uiteindelik ’n generasie en die generasies wat volg kan beïnvloed.
Kernboodskap
Magda se boodskap herinner vroue en jong meisies daaraan om te onthou wie hulle is, hul identiteit te herontdek en hul krone weer reg te skuif, selfs wanneer die lewe hulle laat vergeet het.
“Skuif jou kroon reg. Onthou wie jy is. Leef dit uit.
En help ’n ander vrou om hare ook reg te skuif.”
Sy bring ’n boodskap van identiteit, geloof, selfvertroue, denkwyse en persoonlike verandering, met die visie om ’n generasie van vroue en meisies te help bou wat mekaar versterk, opbou en positief beïnvloed.
Magda se jaarlikse vroue-event
Too Glam To Give Up
Too Glam To Give Up is Magda Calitz se jaarlikse vroue-event, ’n unieke ervaring waar vroue bymekaarkom om vrouwees, selfvertroue, identiteit en die moed om aan te hou vier.
TOO GLAM TO GIVE UP IS HAPPENING!
7 NOVEMBER 2026 • PRETORIA
Vir wie
Vir wie is Magda se boodskap?
- Vroue
- Jong meisies
- Vrouekonferensies
- Vrouedienste
- Kerke
- Vrouekampe & retreats
- Skole
- Organisasies
- Korporatiewe geleenthede
- Gemeenskapsgeleenthede
- Ander spesiale geleenthede
Wat vroue sê
- “Hierdie events is beter as om 'n Spa behandeling vir jou liggaam te kry.” — Nicky Feast
- “Ek kan nie wag vr di volgende Kopskuif nie!!!” — Suzanne van der Merwe
- “Kopskuif is presies wat die naam se, dit help jou om jou kop reg te skuif, en in daardie proses verander jou hele menswees ook.” — Chanè
- “Her faith, motivation, and passion are contagious, and you can feel the sincerity behind every message she shares.” — Louise van der Merwe
Die inhoud, fokus en formaat kan aangepas word volgens die geleentheid, gehoor en doel van die organiseerder.
Die groter visie
Magda glo elke vrou dra ongelooflike waarde.
Maar soms raak die lewe besig.
Ons dra baie verantwoordelikhede.
Ons probeer sterk wees vir almal rondom ons.
En soms vergeet ons vir 'n oomblik wie ons werklik is.
Haar hart is om vroue te help om weer hul waarde, identiteit en doel raak te sien. Wanneer ’n vrou haar identiteit herontdek, haar kroon regskuif en begin leef vanuit wie God haar gemaak het, verander dit nie net haar eie lewe nie, dit kan haar huis, huwelik, kinders, gemeenskap en uiteindelik die generasies wat kom beïnvloed.







